Untitled
Dood

Ek weet dis bietjie van n donker effens taboe onderwerp, maar dit hang al vir n week lank in my kop rond en ek is lus om dit te bespreek.  

So 2 jaar terug is een van my vriende oorlede in n motor ongeluk, dit was een van die die mees skokkende gebeure in my lewe. My oupa was 2 jaar voor dit dood, maar ons het dit almal al verwag so dit was nie soveel van n skok nie, maar Seep was net so jonk en vol lewe, die idee dat hy nie meer daar gaan wees om lame jokes te maak en kitaar te speel nie gee my vandag nog rillings by my rug af.  

Daar is een ding wat egter meer gevang het in die hele oploop en ewensuele dood is hoe, al was my en so 20 ander mense se wêrelde besig om stil te staan het die res van die wêreld se mense net aan gegaan.  Dit het gevoel soos n scene in anime waar die hoofkarakter ewe skielik tot n skokkende besef kom in die publiek: alles gebeur in slow motion en al die kleur uit die res van die samelewing raak stilweg grys terwyl die karakter net daar staan, heeltemal verlam deur wat ook al.  Mense skuur verby en wonder hoekom n ou ewe skielik in die middel van die pad stil staan.  

Maar dan na n ruk trek n stukkie kleur jou aandag, die geritsel van die blare herriner jou dat bome eintlik groen is en nie grys nie, jy gee weer daardie tree wat jou kan laat aangaan.  Baie keer is dit die blou van n traan wat val wat jou herriner, of wel dis hoe dit vir my was.  Die kleur is egter nie in n oogwink terug nie, daar is nou nog n stuk grys wat ek weier om raak te sien uit die hoek van my oog wanneer ek na foto’s van kampe saam met hom kyk, maar dit raak makliker om dir grys te aanvaar.  

Iets wat my egter vreeslik gepla het is dat hoe kan al die mense om my net aangaan?  Hoe kon hulle nie die grys raaksien nie? Hoeveel mense by wie ek elke dag verby loop is eintlik besig om op outomaties aan te gaan want binne is hulle desperaat besig om te bid of te worstel met die skaduwees wat saam met die grys kom?

Dis partykeer scary hoe min mense dink, hoe lekker dit vir hulle is om n gemaklike oneliner te kry en daaraan vas te hou tot in ewigheid toe.  Dit is n raar mens wat bereid is om hul opinies krities te ondersoek.  Descartes was van die oortuiging dat mens jou opinies en oortuigings uit moet uitgooi soos n mandjie vol appels en dan elk een van hulle weer een vir een optel en van nader bekyk voordat jy hulle weer terug sit.  Ek voel sekere mense moet eindlik net al die appels uitgooi en lemoene gaan pluk.  

Waar kom hierdie idee dat as jy ooit van opinie verander is jy swak of was jy nooit rerig oortuig nie of jy is n verraaier?  Ek kan nie sien hoe dit sin maak nie.  Moet ek nou aan my onoortuigende opinies vashou en nooit my kop verander nie?  Dis asof jy vir n spesifieke sport span skree en dan wanneer hulle sleg doen gaan jy oor na n ander span.  In n wêreld waar inligting so maklik bekombaar is en alles van dag na dag anders is, is dit onmoontlik om altyd vas te hou aan jou klein oneliner.  

Behalwe as jy nooit weer nuwe ingeligte inligting wil hoor nie. Maar dan weer, wie wil wil in die harde regte wêreld leef as jy jou hele lewe lank kan dwaal in n pink wolk van oningeligdheid.  Amper soos om hoog te wees…